Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die "MOB" toets
Die "MOB" toets [boodskap #22063] Wo, 24 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert

Ek glo dat jy sal saamstem dat daar sekere voorvereistes is vir 'n sinvolle
gesprek.

Wanneer dit kom by die poging tot 'n gesprek oor selfbeskikking en die
verskillende vorme daarvan, pluk jy die MOB toets. Jy is Moedswillig,
Oningelig, en Bevooroordeeld. (Oningelig is verstaanbaar, maar in
kombinasie met die ander twee, fataal.)

Kyk hierna - Leendert: "Skuus. Nie heeltemal skoongemaak nie. Daars nog 22
000 Inuit oor in hul
bantoestan, Nunavut, en 2500 Nisga'a in hul bantoestan in B.C. En nog 'n
paar duisend hier en 'n paar duisend daar."

Daar is geen hoop om van so 'n basis by iets sinvol uit te kom nie.

Oor-en-uit.

Bees
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22098 is 'n antwoord op boodskap #22063] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Die probleem met "ikone" is dat hulle maklik gebruik word om die denotatiewe
>> dimensie te _vervang_ met die konnotatiewe dimensie. Dis hoekom Gloudina so
>> versot is op hulle. Die dood van Angelina Zwane het baie konnotasies
>> opgeroep - van boosaardige witmense wat swartmense onderdruk en vermoor. Die
>> feit dat daar geen sweem van onderdrukking of moord in die betrokke situasie
>> was nie, was irrelevant.
>
> Leendert, ek daag jou uit om uit die
> argiewe vir my te bewys dat ek meer as
> net een of miskien twee keer enige
> gedagtes kwytgeraak het oor die dood
> van Angelina Zwane.

Hoekom moet ek? Dis nie hoeveel keer nie, dis watter gedagtes jy kwytgeraak
het. (Jy noem hulle "gedagtes"?)

> Dis jy wat in omtrent
> elke pos van jou my naam ingooi en my
> beskuldig dat ek dinge daaroor sê.

Jy het so pas erken dat jy dinge daaroor gesê het. Jy het behoorlik gekraai
van die lekkerkry oor iets om die Boere meet te looi.

> Vir
> almal behalwe jouself is dit duidelik
> dat jy my ongeveer op die brein het.
> Nou, ek dink nie jy probeer my by alles
> insleep omdat jy my so lief het nie. Maar
> ek dink jy wil my "bait," soos die Engelse
> sê. Hoekom?

Eenvoudig. Jou bydraes op hierdie nuusgroep verteenwoordig die soort
oningeligte vooroordeel teen Afrikaners wat ek vir dekades in koerante, op
radiostasies en TV-kanale moes verduur - en selde effektief op kon reageer.

Met jou Angelina-ikoon het jy jou vasgeloop, en nou sanik jy sewe soorte
squeels omdat dit jou onder die neus gevryf word?

Danksy die koms van die internet kan ek nou.

> Ek reken dat jy verslaaf is
> aan jou gedagtes uitdruk. (Ek neem aan jy
> het 'n ho"e IK en 'n desperasie vir
> intelligente diskussies, en enigiemand wat
> vir jou daardie deur oopmaak, is welkom.)

My IK is nie besonder hoog nie. Desnieteenstaande hou ek wel van intelligente
gesprek. Gelukkig is ek nie van jou daarvoor afhanklik nie, want dan sou ek
inderdaad desperaat wees.

> Maar dit word nou 'n bietjie te veel as ek
> my naam in byna elke pos van jou sien. Koel
> bietjie af. Hou op om met die ikoon Gloudina
> omgang te h^e. Die mens Gloudina kan sien
> wat aangaan en is nie geinteresseerd nie.

Jammer jy hou nie daarvan nie. Maar dis nou maar van apartheidsvarke. Hulle is
nie daar om jou te plesier nie.

En moet nie kla omdat die "ikoon" wat jy oor Angelina Zwane uitgeroep het nou
terugkom om by jou te spook nie. Jy het intertyd salig in die modder gerol van
die Boere se verleentheid.

Nou het _ek_ 'n ikoon van Angelina (saliger) gemaak, Gloudina, en sy gaan jou
ry!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22099 is 'n antwoord op boodskap #22063] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leendert
>
> Ek glo dat jy sal saamstem dat daar sekere voorvereistes is vir 'n sinvolle
> gesprek.

Ek stem saam. Maar ek merk op dat jy nie aandui wat "die voorvereiste vir
sinvolle gesprek" is nie?

Ek sou sê daar is ten minste twee:

1) Daar moet ooreenstemming wees oor die onderwerp van die gesprek.

Een van die maniere om 'n sinvolle gesprek te verongeluk, is om die
onderwerp te verander. Dit is 'n retoriese tegniek wat baie gewild is by
partye wat voel dat hulle standpunt nie baie sterk is nie.

Daar is baie maniere om die onderwerp te verander. 'n Primitiewe een is om
te begin fokus op die debatsgenoot se taalgebruik, spelfoute, ens. Dis om
die man te speel, en nie die bal nie. Dit is ook waarom dit beskou word as
'n oortreding van netiquette.

'n Oortreffende vorm hiervan is om 'n gesprek te begin oor die gesprek.
Byvoorbeeld, om te begin redekawel oor "die voorvereistes vir 'n sinvolle
gesprek" sonder om uiteen te sit wat hulle sou wees.

Daar is ook ander maniere, soos om die onderwerp breër te maak as wat dit
aanvanklik was, voordat die aanvanklike strydpunt uitgeklaar is. Ek dink dit
is wat jy doen as jy verklaar dat hierdie gesprek gaan
"oor selfbeskikking en die verskillende vorme daarvan." Ek probeer nog
bepaal waarom jy "die idee van 'n volkstaat" veragtelik vind, en die
skepping van Nunavut nie.

2) Mens moet maar probeer hou by die stelreël: "Hy wat beweer, moet
bewys". Dis al duisende jare gelede dat mense gevind het dat geen sinvolle
gesprek gevoer kan word sonder om hierby te hou nie. Baie gesprekke wat
potensieel sinvol kan wees, word dus verongeluk deur hierdie reël te
verbreek, te omseil, of te misbruik.

'n Voorbeeld van misbruik is jou poging om te verklaar dat ek 'n "stelling"
maak, wat ek moet verantwoord. Jy aanvaar dus die reël - hy wat beweer moet
bewys. Maar jy begin deur valslik te verklaar dat ek 'n "stelling" gemaak
het. Nodeloos om te sê, het jy nog geen poging aangewend om hierdie bewering
van jou te staaf deur my beweerde "stelling" tevoorskyn te haal nie.

'n Voorbeeld waar hierdie reël omseil word, is die gebruik van "ikone" as
retoriese instrument. Simbole gebruik ons almal. Hulle is noodsaaklik in
enige gesprek. Maar 'n simbool het twee elemente: Die denotatiewe element is
die voorwerp waarna die simbool verwys - die "feitelike" inhoud daarvan. Die
konnotatiewe element is die "konnotasies" wat die simbool omgewe - emosies,
gevoelens, en verwysde idees wat aan die simbool gekoppel word, en wat nie
noodwendig verband hou met die denotatiewe "feite" nie.

As jy, soos onlangs, beswaar maak teen 'n stelling uit my "pen" - iets wat
ek hier kwytgeraak het, verwys jy geensins na 'n fisiese pen nie. Almal
verstaan "pen" hier as 'n handeling, die skryfhandeling, ongeag of dit met
'n rekenaar gedoen word.

Die probleem met "ikone" is dat hulle maklik gebruik word om die denotatiewe
dimensie te _vervang_ met die konnotatiewe dimensie. Dis hoekom Gloudina so
versot is op hulle. Die dood van Angelina Zwane het baie konnotasies
opgeroep - van boosaardige witmense wat swartmense onderdruk en vermoor. Die
feit dat daar geen sweem van onderdrukking of moord in die betrokke situasie
was nie, was irrelevant. Die gebeurtenis kon gebruik word om herinneringe
aan vorige verhale van gruwels by mense op te roep en die verwante emosies
te mobiliseer. Dit is 'n vorm van magsuitoefening. Want die direkte gevolg
was dat die dader in die betrokke geval (Steyn?) moes vlug vir sy lewe. Want
skuld wat uit die konnotasies afgelei is, is oorgedra op hom, die
denotatiewe van die "ikoon". Maar saam met hom is elke Afrikaner en elke
witmens in Suid-Afrika opnuut met skuld behang. Onregmatiglik. (En dit roep
die vraag op: hoeveel van die _vorige_ verhale, waarop die konnotasies van
skuld berus, was soortgelyke manipulasie.)

Dis waarom Gloudina so juigend toegesak het op hierdie nuwe ikoon wat sy kon
gebruik.

Mens kan veel meer sê oor die "vereistes vir 'n sinvolle gesprek", maar ek
volstaan voorlopig hiermee.

>
> Wanneer dit kom by die poging tot 'n gesprek oor selfbeskikking en die
> verskillende vorme daarvan, pluk jy die MOB toets. Jy is Moedswillig,
> Oningelig, en Bevooroordeeld. (Oningelig is verstaanbaar, maar in
> kombinasie met die ander twee, fataal.)

Moeswillig, sê jy. Ek stem saam. Ek raak vinnig moedswillig as my
gespreksgenoot die reëls vir sinvolle gesprek manipuleer om 'n retoriese
oorwinninkie te probeer behaal. Maar ek is dikwels ook moedswillig op 'n
ander manier:

"Ikone" word oorspronklik in verband gebring met heiliges. 'n Ikoon is 'n
afbeelding of ander fisiese voorwerp wat na die heilige verwys. Maar die
ding wat belangrik is oor heiliges is selde hul historiese persoonlikheid.
Die ding wat belangrik is, is hul heiligheid.

Die _heiligheid_ van die heilige is dus die belangrike aspek van 'n ikoon.
Dis waarom die Roomse kerk baie intensiewe ondersoek instel voordat iemand
tot heilige verklaar word.

In die proses word iemand aangewys om sy uiterste bes te doen om te bewys
dat die persoon wat ondersoek word, in werklikheid _nie_ 'n heilige is nie.
Die ou (in Rome is dit altyd 'n ou en nooit 'n vrou nie :-) wat hierdie werk
doen, staan bekend as die advokaat vir die duiwel - duiwelsadvokaat. En sy
funkise is om "moedswillig" te wees.

Oningelig? weereens stem ek volkome saam. Ek is 'n baie oningeligte mens. Ek
weet dit, en daarom leer ek graag. Dis waarom ek graag vrae vra. Wat my
interesseer, is dat jy my verkwalik omdat ek oningelig is, maar dat jy
geensins belangstel om my vrae te beantwoord nie. Dis mos nie mooi nie?

Bevooroordeeld? Dit suggereer dat ek vooraf besluit wat die antwoord is, en
dan slegs daardie inligting en argumente in berekening bring wat "die regte"
antwoord sal oplewer.

In een opsig is jy reg. Ek benader alles vanuit 'n bepaalde idee. Dan toets
ek die idee teen enige nuwe inligting of argumente wat ek teëkom. Dit staan
bekend as die deduktiewe benadering. (Ek glo nie dat dit moontlik is om dit
anders te doen nie.)

Maar ek probeer wel hard om nie geldige inligting of argumente te verwerp
omdat hulle nie by my vertrekpunt pas nie. Dus: Ek reken nie dat ek in enige
tersaaklik sin "bevooroordeeld" is nie.

>
> Kyk hierna - Leendert: "Skuus. Nie heeltemal skoongemaak nie. Daars nog 22
> 000 Inuit oor in hul
> bantoestan, Nunavut, en 2500 Nisga'a in hul bantoestan in B.C. En nog 'n
> paar duisend hier en 'n paar duisend daar."
>
> Daar is geen hoop om van so 'n basis by iets sinvol uit te kom nie.

Ek is jammer, maar ek verstaan nie jou beswaar teen die opmerking nie. Ek
lei af dat jy dink dat die stelling moedswillig, oningelig, en
bevooroordeeld is.

Ek stem saam dis moedswillig. Ek toets die heiligheid van een of twee
"ikone" hier.

As dit oningelig is, sou ek dit verwelkom as jy my van beter inligting
voorsien.

En my "vooroordele" toets ek graag aan geldige inligting en argumente. Maar
in hierdie bepaalde geval is die enigste "vooroordeel" wat ek het, 'n anname
dat jou veragting vir "die idee van 'n volkstaat" gegrond is op wesenlike
besware daarteen.

Dit lyk my ek sal hierdie vooroordeel moet laat vaar. Al my pogings om dit
te bevestig het tot dusver gefaal.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22100 is 'n antwoord op boodskap #22063] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Die probleem met "ikone" is dat hulle maklik gebruik word om die denotatiewe
> dimensie te _vervang_ met die konnotatiewe dimensie. Dis hoekom Gloudina so
> versot is op hulle. Die dood van Angelina Zwane het baie konnotasies
> opgeroep - van boosaardige witmense wat swartmense onderdruk en vermoor. Die
> feit dat daar geen sweem van onderdrukking of moord in die betrokke situasie
> was nie, was irrelevant.


Leendert, ek daag jou uit om uit die
argiewe vir my te bewys dat ek meer as
net een of miskien twee keer enige
gedagtes kwytgeraak het oor die dood
van Angelina Zwane. Dis jy wat in omtrent
elke pos van jou my naam ingooi en my
beskuldig dat ek dinge daaroor sê. Vir
almal behalwe jouself is dit duidelik
dat jy my ongeveer op die brein het.
Nou, ek dink nie jy probeer my by alles
insleep omdat jy my so lief het nie. Maar
ek dink jy wil my "bait," soos die Engelse
sê. Hoekom? Ek reken dat jy verslaaf is
aan jou gedagtes uitdruk. (Ek neem aan jy
het 'n ho"e IK en 'n desperasie vir
intelligente diskussies, en enigiemand wat
vir jou daardie deur oopmaak, is welkom.)
Maar dit word nou 'n bietjie te veel as ek
my naam in byna elke pos van jou sien. Koel
bietjie af. Hou op om met die ikoon Gloudina
omgang te h^e. Die mens Gloudina kan sien
wat aangaan en is nie geinteresseerd nie.

Gloudina
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22101 is 'n antwoord op boodskap #22099] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Mar 1999 18:00:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|
|1) Daar moet ooreenstemming wees oor die onderwerp van die gesprek.
|
|Een van die maniere om 'n sinvolle gesprek te verongeluk, is om die
|onderwerp te verander. Dit is 'n retoriese tegniek wat baie gewild is by
|partye wat voel dat hulle standpunt nie baie sterk is nie.
|
|Daar is baie maniere om die onderwerp te verander. 'n Primitiewe een is om
|te begin fokus op die debatsgenoot se taalgebruik, spelfoute, ens. Dis om
|die man te speel, en nie die bal nie. Dit is ook waarom dit beskou word as
|'n oortreding van netiquette.
|
|'n Oortreffende vorm hiervan is om 'n gesprek te begin oor die gesprek.
|Byvoorbeeld, om te begin redekawel oor "die voorvereistes vir 'n sinvolle
|gesprek" sonder om uiteen te sit wat hulle sou wees.
|
Jy is darem maar nou bleddie moedswillig.....
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22102 is 'n antwoord op boodskap #22099] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> In een opsig is jy reg. Ek benader alles vanuit 'n bepaalde idee. Dan toets
> ek die idee teen enige nuwe inligting of argumente wat ek teëkom. Dit staan
> bekend as die deduktiewe benadering.

En verduidelik dan 'n bietjie vir ons wat is 'n induktiewe benadering.

Simon
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22130 is 'n antwoord op boodskap #22063] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...

> |
> Jy is darem maar nou bleddie moedswillig.....

Ek sê mos so!

:-) :-) :-)
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22131 is 'n antwoord op boodskap #22063] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie bespreking van debatvoering het ek baie interessant gevind.
('n Onderhandelaar is seker deeglik bewus van hierdie elemente).

Rakende 'Mob justice' en die onderdrukking van die waarheid: Het jy al 'The
Death of John Calas' van Voltaire, uitgegee in 1763, gelees? (Eintlik die
eerste hoofstuk in sy 'Treatise on Religious Toleration').

Nog Voltaire : 'The greatest misfortune of a man of letters is not perhaps
being the object of the jealousy of his brother
scholars,...................,-it is being judged by fools. Fools sometimes
go very far, particularly when fanaticism is joined to folly, and folly to
the spirit of vengeance.' HA!

Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7ddmgf$os$1@news3.saix.net...
>
> Die probleem met "ikone" is dat hulle maklik gebruik word om die denotatiewe
> dimensie te _vervang_ met die konnotatiewe dimensie. Dis hoekom Gloudina so
> versot is op hulle. Die dood van Angelina Zwane het baie konnotasies
> opgeroep - van boosaardige witmense wat swartmense onderdruk en vermoor. Die
> feit dat daar geen sweem van onderdrukking of moord in die betrokke situasie
> was nie, was irrelevant. Die gebeurtenis kon gebruik word om herinneringe
> aan vorige verhale van gruwels by mense op te roep en die verwante emosies
> te mobiliseer. Dit is 'n vorm van magsuitoefening. Want die direkte gevolg
> was dat die dader in die betrokke geval (Steyn?) moes vlug vir sy lewe. Want
> skuld wat uit die konnotasies afgelei is, is oorgedra op hom, die
> denotatiewe van die "ikoon". Maar saam met hom is elke Afrikaner en elke
> witmens in Suid-Afrika opnuut met skuld behang. Onregmatiglik. (En dit roep
> die vraag op: hoeveel van die _vorige_ verhale, waarop die konnotasies van
> skuld berus, was soortgelyke manipulasie.)
>
> Dis waarom Gloudina so juigend toegesak het op hierdie nuwe ikoon wat sy kon
> gebruik.
>
> Mens kan veel meer sê oor die "vereistes vir 'n sinvolle gesprek", maar ek
> volstaan voorlopig hiermee.
>
>>
>> Wanneer dit kom by die poging tot 'n gesprek oor selfbeskikking en die
>> verskillende vorme daarvan, pluk jy die MOB toets. Jy is Moedswillig,
>> Oningelig, en Bevooroordeeld. (Oningelig is verstaanbaar, maar in
>> kombinasie met die ander twee, fataal.)
>
>
> Moeswillig, sê jy. Ek stem saam. Ek raak vinnig moedswillig as my
> gespreksgenoot die reëls vir sinvolle gesprek manipuleer om 'n retoriese
> oorwinninkie te probeer behaal. Maar ek is dikwels ook moedswillig op 'n
> ander manier:
>
> "Ikone" word oorspronklik in verband gebring met heiliges. 'n Ikoon is 'n
> afbeelding of ander fisiese voorwerp wat na die heilige verwys. Maar die
> ding wat belangrik is oor heiliges is selde hul historiese persoonlikheid.
> Die ding wat belangrik is, is hul heiligheid.
>
> Die _heiligheid_ van die heilige is dus die belangrike aspek van 'n ikoon.
> Dis waarom die Roomse kerk baie intensiewe ondersoek instel voordat iemand
> tot heilige verklaar word.
>
> In die proses word iemand aangewys om sy uiterste bes te doen om te bewys
> dat die persoon wat ondersoek word, in werklikheid _nie_ 'n heilige is nie.
> Die ou (in Rome is dit altyd 'n ou en nooit 'n vrou nie :-) wat hierdie werk
> doen, staan bekend as die advokaat vir die duiwel - duiwelsadvokaat. En sy
> funkise is om "moedswillig" te wees.
>
> Oningelig? weereens stem ek volkome saam. Ek is 'n baie oningeligte mens. Ek
> weet dit, en daarom leer ek graag. Dis waarom ek graag vrae vra. Wat my
> interesseer, is dat jy my verkwalik omdat ek oningelig is, maar dat jy
> geensins belangstel om my vrae te beantwoord nie. Dis mos nie mooi nie?
>
> Bevooroordeeld? Dit suggereer dat ek vooraf besluit wat die antwoord is, en
> dan slegs daardie inligting en argumente in berekening bring wat "die regte"
> antwoord sal oplewer.
>
> In een opsig is jy reg. Ek benader alles vanuit 'n bepaalde idee. Dan toets
> ek die idee teen enige nuwe inligting of argumente wat ek teëkom. Dit staan
> bekend as die deduktiewe benadering. (Ek glo nie dat dit moontlik is om dit
> anders te doen nie.)
>
> Maar ek probeer wel hard om nie geldige inligting of argumente te verwerp
> omdat hulle nie by my vertrekpunt pas nie. Dus: Ek reken nie dat ek in enige
> tersaaklik sin "bevooroordeeld" is nie.
>
>
>>
>> Kyk hierna - Leendert: "Skuus. Nie heeltemal skoongemaak nie. Daars nog 22
>> 000 Inuit oor in hul
>> bantoestan, Nunavut, en 2500 Nisga'a in hul bantoestan in B.C. En nog 'n
>> paar duisend hier en 'n paar duisend daar."
>>
>> Daar is geen hoop om van so 'n basis by iets sinvol uit te kom nie.
>
>
> Ek is jammer, maar ek verstaan nie jou beswaar teen die opmerking nie. Ek
> lei af dat jy dink dat die stelling moedswillig, oningelig, en
> bevooroordeeld is.
>
> Ek stem saam dis moedswillig. Ek toets die heiligheid van een of twee
> "ikone" hier.
>
> As dit oningelig is, sou ek dit verwelkom as jy my van beter inligting
> voorsien.
>
> En my "vooroordele" toets ek graag aan geldige inligting en argumente. Maar
> in hierdie bepaalde geval is die enigste "vooroordeel" wat ek het, 'n anname
> dat jou veragting vir "die idee van 'n volkstaat" gegrond is op wesenlike
> besware daarteen.
>
> Dit lyk my ek sal hierdie vooroordeel moet laat vaar. Al my pogings om dit
> te bevestig het tot dusver gefaal.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22132 is 'n antwoord op boodskap #22063] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>
>> In een opsig is jy reg. Ek benader alles vanuit 'n bepaalde idee. Dan toets
>> ek die idee teen enige nuwe inligting of argumente wat ek teëkom. Dit staan
>> bekend as die deduktiewe benadering.
>
> En verduidelik dan 'n bietjie vir ons wat is 'n induktiewe benadering.

Die teenoorgestelde: Die rasionalistiese idee dat dit moontlik is om 'n saak
te ondersoek sonder enige voorveronderstellings of verwagtinge. Met 'n "le�
kop" (in teenstelling met 'n oop kop). Asof inligting van buite op 'n
passiewe ontvanger inwerk. (Karl Popper verwys na die induktiwistiese
benadering as die emmerteorie "the bucket theory of knowledge".)

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22196 is 'n antwoord op boodskap #22131] Di, 30 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
nomad wrote in message ...
> Hierdie bespreking van debatvoering het ek baie interessant gevind.
> ('n Onderhandelaar is seker deeglik bewus van hierdie elemente).
>
> Rakende 'Mob justice' en die onderdrukking van die waarheid: Het jy al 'The
> Death of John Calas' van Voltaire, uitgegee in 1763, gelees? (Eintlik die
> eerste hoofstuk in sy 'Treatise on Religious Toleration').

Nee. Daar is so baie mense _van_ wie 'n mens lees. Maar jy kry nooit
geleentheid om hul eie werke te lees nie. In my geval was Voltaire tot
dusver een van hulle.

Dis altyd 'n groot verlies as mens so derdehands die ouens se idees teëkom,
want dikwels verskil die derdehandse weergawe aanmerklik van die eerste.

In elk geval, dit lyk asof Valtaire nogal bietjie moes geweet het van die
werking van hekseverbrandery in die moderne samelewing.

>
> Nog Voltaire : 'The greatest misfortune of a man of letters is not perhaps
> being the object of the jealousy of his brother
> scholars,...................,-it is being judged by fools. Fools sometimes
> go very far, particularly when fanaticism is joined to folly, and folly to
> the spirit of vengeance.' HA!

Hmmmm...... Waar dit Suid-Afrika aangaan, het die TV-industrie en ander
elemente van die media 'n hele generasie dwase geskep. Mense in die
buiteland wat oortuig is hulle weet alles van Suid-Afrika, want hulle "het
dit op TV gesien".

En daar is waaragtig niks erger as 'n dwaas wat reken hy weet alles nie! 'n
Paar Afrikaners in Kanada het selfs in '76 opgehou om Afrikaans in die huis
te praat op grond van wat hulle op TV verneem het.

Nou probeer hulle die geskiedenis herskryf om te pas by die onkunde en
vooroordeel wat hul media-ongeletterdheid hulle op die hals gehaal het

Ek dink ek moet Voltaire hoog op my prioriteitslys plaas. Dankie vir die
verwysing.

Groete, Leendert
Re: Die "MOB" toets [boodskap #22197 is 'n antwoord op boodskap #22063] Di, 30 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7dq52g$ao$1@kendy.up.ac.za...
> In elk geval, dit lyk asof Valtaire nogal bietjie moes geweet het van die
> werking van hekseverbrandery in die moderne samelewing.
>
Presies.

> En daar is waaragtig niks erger as 'n dwaas wat reken hy weet alles nie! 'n
> Paar Afrikaners in Kanada het selfs in '76 opgehou om Afrikaans in die huis
> te praat op grond van wat hulle op TV verneem het.
>
Sjuut, jy moenie so hard van Kanada praat nie!

> Ek dink ek moet Voltaire hoog op my prioriteitslys plaas. Dankie vir die
> verwysing.
>
Ek dink jy sal hom baie geniet, probeer om miskien eerstens iets oor sy
'Portable Philosophical Dictionary' te kry - dis lekker lees. (Dictionnaire
philosophique portatif - afhangende van jou Frans)

Eintlik moet jy hom nie lees nie, jy mag moontlik te veel skietgoed
bykry.....
Vorige onderwerp: Re: Honest Feedback....
Volgende onderwerp: Nog oor Ikone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:03:06 MGT 2024